top of page

Hierdie is die Nuwe Testament Bybelstudie Joernaal - ontwerp met skeidingsbladsye vir elke hoofstuk van die Nuwe Testament, wat jou in staat sal stel om deur die hele Nuwe Testament te werk met gemak. Of jy nou op 'n persoonlike geloofsreis gaan of 'n groepstudie lei, hierdie joernaal bied die perfekte raamwerk vir jou om seker te maak jy spandeer tyd en aandag aan elke hoofstuk van die Bybel.

 

Elke afdeling bied genoegsame spasie vir jou om insigte, idees, gebede en enige ander notas neer te skryf. 

 

Ons hoop is dat hierdie joernaal jou instaat sal stel om 'n dieper begrip van die Nuwe Testament te kry en werklik die kennis wat ons Hemelse Vader in elke vers in die Bybel vir ons deurgee, te lees, bekom en te verstaan.

 

Terwyl jy deur elke hoofstuk vorder, sal jy vind dat jy 'n omvattende argief van notas en waarnemings opbou, wat dien as 'n waardevolle hulpbron vir toekomstige verwysing en studie. Van die leringe van Jesus tot die briewe van die apostels, elke woord is 'n uitnodiging om jou verhouding met God te versterk en in geestelike wysheid te groei.

 

"Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus." - 2 Timotheus 3:16-17

Bybelstudie Joernaal (Afrikaans)

R599,00Price
Colours
    bottom of page